OOR Just SAYING

Esta se passies begin by die mooi in die wêreld. Sy geniet dit om met kleur, tekstuur en ’n kombinasie van interessante dekorelemente te werk. Saam met haar kennis oor grafiese ontwerp, beplanning van funksies en binnenshuise ontwerp gebruik sy ook haar talente as ’n onafhanklike denker en detailgerigte persoon om haar kliënte se visie in ‘n pragstuk te realiseer. Sy ontwerp rondom die individu en daarom is jou mening vir haar belangrik. Haar doelgerigtheid en sin vir verantwoordelikheid verseker dat die ontwerpwerk georganiseerd en tydsgebonde afloop.

Sy pak projekte met vasberadenheid aan en gebruik haar kreatiwiteit om enige huis of funksie in ‘n unieke, mooi spasie te verander. En daarom ook het sy ’n passie vir die klein goedjies, die dekor, mooi materiaal en enige iets uniek en kleurvol.

Om van haar ontwerpkennis gebruik te maak, kontak haar gerus vir ‘n kwotasie, of ‘n gesellige ontmoeting.