KUNSKLASSE

Just SAYING bied kunsklasse aan vir jonk en oud. Die kunsklasse behandel alle mediums en word in ‘n ontspanne omgewing aangebied waar jou kreatiwiteit uitgelok word. As jy geen kennis van kuns het nie, maar jy wil graag leer om jou kreatiewe kant te laat uitkom, is die klasse presies reg vir jou. Maar diegene wat lankal al rondspeel met verf en skets, is ook meer as welkom. Aan die einde van die jaar sluit die klasse af met ’n kunsuitstalling.

Die volgende mediums word behandel:
  • Potlood/houtskool
  • Waterverf
  • Akriel- en olieverf
  • Gemengde media
  • Linosnee