FUNKSIES

Wanneer die klokke lui, die kersies doodgeblaas moet word of die prysuitdelings moet geskied, is tafeldek en mooimaak die laaste ding op jou lys en word dit gereeld afgeskeep vir meer dringende beplanning. Dit is waar Esta en Just SAYING jou om behulp kan staan.

Hier speel Esta koningin en in haar ryk word elke tafel, elke stoel, elke hoekie en draai getransformeer van ‘n gemeenskapsaal na ’n koningsaal, die kapel word ‘n feëverhaal en die tuin word in ’n magiese wêreld vol kleur omskep.

Laat gaan die teuels en laat dit aan Esta oor om die uitnodigings, naamkaartjies, persoonlike kolwyntjieversiersels en dekor van die tafels te doen volgens jou unieke kleurskema en tema. Al wat jy moet doen, is om die venue te kies.

Skakel Esta as jy soos ‘n koninklike op jou spesiale dag wil voel deur hier te kliek.

  • Funksies
    Bespreek jou of jou vriendin se babatee by Just SAYING. Ons doen al die dekor, uitnodigings, naamkaartjies en die afronding. Detail is ons spesialiteit. Ons kan dit by die venue van jou keuse kom doen, of dan in die gemak van jou eie huis.
    Just SAYING sal sorg dat jou verjaarsdag onvergeetlik is. Of dit nou in die vorm van ‘n “High Tea” is, platters, ligte middagete met ‘n nagereg, of verskeidenheid van sop en lekker broodjies. Ons maak dit spesiaal! Ons hou van mooi gedekte tafels om dit ekstra besonders te maak!
    Bespreek daardie spesiale GROOT verjaarsdag! 21, 30, 40, 50, regdeur tot 100!
    Ons help jou om dit spesiaal te maak!
    Bespreek daardie vriendin se kombuistee!
    Bespreek jou klein, intieme troue by Just SAYING. Ons sal daardie dag ekstra spesiaal maak! Ons doen die dekor volgens jou smaak!